Local newsNews

Katriena steeds vol woema na 15 jaar by Bethal DBV

Me. Katriena Zwane werk al vir amper 15 jaar by Bethal se DBV en hou steeds personeel op hul tone.

Me. Katriena Zwane werk al bykans 15 jaar vir Bethal DBV en haar werk is haar trots.

Sy het as jong vrou oral vir werk aangeklop, maar kon nie geholpe raak nie.

Me. Zwane het gehoor daar is moontlik ’n pos by die DBV oop.

Sy het vertel dat die DBV daardie jare net een gebou op ’n stuk modderige grond gehad het.

Nou is daar al vier rye hokke en plaveisel.

“Niemand wou die werk by die DBV gehad het nie omdat al die diere se komberse met die hand gewas moes word.

“Ek het vir baie jare die komberse met die hand gewas en later dromme met water gevul en die komberse met ’n groot stok geroer totdat dit skoon was.

“Ek gebruik steeds dié metode om die komberse en hondejassies te was, hoewel ons intussen ’n wasmasjien gekry het.”

Me. Zwane se man is dood en sy moes self na die kinders omsien, maar kon later ’n huis laat bou.

“Katriena het nog baie woema,” het me. Laurna Coetzer, inspekteur by Bethal DBV, gesê.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button