Local newsNews

Bethallers staan saam teen nog ’n kuierplek

Die gemeenskap poog om meer as 400 handtekeninge teen die dranklisensie aansoek in te dien in ’n poging om die planne om ’n kroeg oop te maak stop te sit.

Talle Bethallers wil ’n plaaslike besigheidsman se planne om ’n kuierplek op Bethal oop te maak, in die wiele ry.

Hy het onlangs onder die naam Upper Echelon Lounge, ’n aansoek vir ’n dranklisensie ingedien.

Dit sal hom nie net toelaat om drankies aan sy kliënte te verkoop nie, maar hy kan ook drank verkoop wat nie op die perseel gebruik gaan word nie.

Wat die gemeenskap die meeste ontstel, is dat dié kroeg slegs ’n blok van ’n laerskool af is en as die lisensie toegeken word, sal dit daagliks om 10vm oop wees.

Inwoners van die woonstelblok agter die beplande perseel op die hoek van Vuyusile Mini- en Du Plooystraat is ook nie gretig dat dit deurgevoer word nie.

Lees die volledige artikel in die Echo.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button