Local newsNews

NG Kerk Evander se gedenkmuur is tot almal se beskikking

Familie en vriende kan die gedenkmuur vanaf 8vm tot 1nm in weekstyd besoek of met die koster reël om die mure op ander tye te besoek.

Die N.G. Kerk Evandergemeente het twee gedenkmure voltooi en in gebruik geneem.

Die eerste fase van die Jane van Niekerk Gedenkmuur is nege jaar gelede voltooi.

Dié gedenkmuur is op die kerkterrein geleë in goedversorgde tuine in ’n rustige en veilige omgewing.

Familie en vriende kan die gedenkmuur vanaf 8vm tot 1nm in weekstyd besoek of met die koster reël om die mure op ander tye te besoek.

Twee kissies kan in elke nis pas.

Die gedenkmuur is nie net vir lidmate van die kerk beskikbaar nie, maar ook vir die hele gemeenskap van Evander.

’n Volledige handleiding is by die kerkkantoor beskikbaar.

Die kerk is op die hoek van Bologna- en Lavalstraat geleë en dienste vind om 9vm op Sondae plaas en almal is welkom.

Skakel ds. Henri Roberts by 017 632 2954.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button