Local newsNews

Davieshof Ouetehuis hou mark ten bate van hulle noodfonds

Davieshof het ’n mark gehou om fondse in te samel vir hulle inwoners se noodfonds.

Davieshof Ouetehuis het die afgelope naweek ’n mark aangebied ten bate van hul noodfonds.

Dié fonds is deur inwoners gestig om mekaar in tye van nood te ondersteun.

“Meeste van ons is staatspensionarisse en daar is nie altyd geld om te betaal as iets groots soos ’n geiser breek nie.

“Die fonds is daar om mekaar by te staan en om te sorg dat niemand van ons te swaar kry as die noodlot tref nie.” het een van die organiseerders verduidelik.

Sy het ook verduidelik dat baie van die inwoners nie geseënd genoeg is om hul eie kinders naby te hê nie en daarom kyk hulle uit vir mekaar.

“Ons het al bydraes tot die fonds gekry van mense wat familie hier het wat nou oorsee bly, maar ons sal graag die fonds wil laat groei sodat ons kan aanhou om mekaar te help.”

As jy belangstel om die noodfonds te ondersteun, skakel me. Dina Rossouw by 082 927 2510.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

Me. Vionet van Vuuren en me. Elsabé Naudé het die N.G. Kerk Evander se stalletjie beman en vetplantjies verkoop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button