Local newsNews

Standerton wil vuurgeteisterde gebied bystaan

Me. Amanda Le Roux wat deel maak van die Predikante-Forum, Standerton vir Jesus, vertrek more oggend, 9 Junie om 3vm na Plettenbergbaai.

Die Predikante-Forum op Standerton wil die gemeenskap vra om hande te neem om noodware te skenk wat na die geteisterde Knysna- en Plettenbergbaai-gebied geneem gaan word.

Me. Amanda le Roux wat deel maak van die forum, Standerton vir Jesus, sal môreoggend, 9 Junie om 3vm na Plettenbergbaai vertrek.

Hul gaan in samewerking met die Rampverligtingbestuur van Plettenbergbaai werk, asook traumaberading aan dié mense by die Afrika-Kerk saam met past. Stehan Wentz, bied.

Volgens ’n joernalis me. Yolandé Stander van die Knysna-Plett Herald, susterskoerant, op die toneel ontruim die mense van die Whale Rock en Longship-gebied in Plettenbergbaai ook nou hulle huise weens die verswelgende vuur wat dié gebied teister.

Die video van Knysna wat deur die nag gebrand het.

Video deur mnr. Wessel van Heerden (Group Editors)

Daar word gevra vir:

  • Toiletware

  • Klere

  • Kinderklere

  • Babaklere

  • Komberse

  • Skoene

  • Noodware soos persoonlike higiëniese goedere en oogdruppels

Die goedere kan gemerk, by die Replika Kerksaal afgelaai word.

Skakel me. Amanda le Roux by 083 407 3161.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 5bf99755

WhatsApp – 0731082205

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button