Local newsNews

Coenie sing vanaand

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) bied op 9 Junie ’n vertoning van een van Suid-Afrika se bekendste vermaaklikheidskunstenaars, Coenie de Villiers, aan.

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) bied op 9 Junie ’n vertoning van een van Suid-Afrika se bekendste vermaaklikheidskunstenaars, Coenie de Villiers, aan.

Toeskouers kan om 6.30nm by Hoërskool Standerton se skoolsaal gaan luister na sy eiesoortige vertolking van lirieke.

Miskien sal hy selfs die immergewilde “Karoonag” afstof en diegene wat onbekend met sy werk is, die bekoring van so ’n nag, op ’n aand op die Hoëveld, laat beleef.

Me. Arista van der Merwe, voorsitter van die SAVF, het ’n pluimpie aan De Villiers gegee nadat hy bereid was om oor koste te onderhandel nadat hy die aard van die organisasie gehoor het.

Me. Van der Merwe het ook die borge bedank wat die geleentheid moontlik sal maak.

Kaartjies is R150 per persoon en is by haar (082 873 83650) of die SAVF-kantore (017 712 5030/1) beskikbaar.

Moenie huiwer nie, kaartjies is slegs tot 2nm beskikbaar.

Drag is semi-formeel en ’n ligte ete en drankie is ingesluit.

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 5bf99755

WhatsApp – 0731082205

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button