Secunda-gemeenskap help Knysna se mense
Lees hier hoe jy betrokke kan raak en ook kan help.

Meeste mense is bewus van die situasie waarin Knysna-inwoners hulself tans bevind.
Die brande het al verskeie lewens geëis en baie mense in dakloos gelaat.
Sasol Secunda Junction, in samewerking met die Ridge Times, wil help om ’n verskil in dié mense se lewens te maak.
Daar sal ’n versamelpunt by Sasol Secunda Junction op die pad tussen Trichardt en Evander van vandag af wees.
Iemand sal 24 uur per dag by dié vulstasie beskikbaar wees om skenkings te ontvang.
Die Suid-Afrikaanse Bloeddiens se tak op Secunda sal ook op 12 Junie en 13 Junie daar wees en bloedskenkers sal die geleentheid hê om bloed te kan skenk.
Vir meer inligting, skakel San-Marié by 082 927 3403 of mnr. Martin van Wyk by 082 554 5542.
Enige skenkings is welkom, hoewel die volgende dringend benodig word:
- Komberse
- Matrasse
- Kussings
- Lakens
- Babaklere
- Babadoeke
- Babakombersies
- Klere vir volwassenes en kinders
- Skoene
- Kouse
- Tandeborsels en tandepasta
- Seep
- Toiletpapier
- Handdoeke
- Hondekos
- Katkos
- Komberse vir troeteldiere
- Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.Standerton Advertiser & Highvelder
- “Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



