Local newsNews

Douglasdam word skoongemaak

Kontrakteurs is besig om met die hulp van die masjien water in 'n radius van 100 m x 100 m om die pomphuis te suiwer vir huishoudelike gebruik.

Van verlede week af is daar groot bedrywigheid by die Douglasdam.

Die baggermasjien (“dredger”) wat daar aan die werk is, trek onmiddellik die aandag.

Die masjien word meganies beheer, klim self van die trok af, waggel soos ‘n reusekrap na die dam tot in die water vanwaar dit dan op die water dryf en verskillende funksies verrig.

Dié masjien is die enigste van sy soort in die land wat beskikbaar is vir die industrie en het vele funksies.

Dit kan selfs aangewend word om teerpale in die water te plant.

Kontrakteurs is besig om met die hulp van die masjien water in ‘n radius van 100 m x 100 m om die pomphuis te suiwer vir huishoudelike gebruik.

Eers is die masjien ingespan om riete in die gedeelte waar hulle wil werk met wortel en tak te verwyder.

Volgens Pieter du Plooy, projekkoöordineerder, is Joe Selepe een van twee mans in die land wat gekwalifiseer is om die reusagtige masjien wat in Finland gebou is, te beheer en tydens die Hoëvelder se besoek was Joe agter die stuur.

Die masjien delf tot 6.5 m diep waar dit die modderwater opsuig, die modder van die water skei en dan deur plastiekpype die water na dammetjies herlei. Die gesuiwerde water word dan vanaf die dammetjies na die dam teruggepomp.

Hopelik sal die masjien in die toekoms aangewend word om groter dele van die dam te suiwer.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button