CrimeNews

Nuwe buurtwag op Secunda hoop om misdaad te bekamp

Die buurtwag werk saam met die polisie en die plaaslike veiligheidsinstansies.

AfriForum het verlede week ’n buurtwag op Secunda op die been gebring om misdaad te bekamp.

“Die buurtwag werk saam met die polisie en die plaaslike veiligheidsinstansies,” het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, gesê.

Die nuutverkose buurtwagbestuur bestaan uit mnr. Nico Venter, voorsitter, mnr. Danie Venter, ondervoorsitter, me. Joey Venter, sekretaris, en me. Lisa Posthumus, sekretaris.

Mnre. Kobus Reyneke, Willem Brits, André Venter, Ronnie Nelson, Grant Booysen, Jaco Horn (snr) en Johan Pieterse is die sektorleiers.

Vir meer inligting, besoek AfriForum Secundatak se Facebookblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button