Local newsNews

Standertonners help vreemdes in nood in geteisterde Knysna- en Plettenbergbaai-gebied

Nog ’n vrag goedere op pad na die vuur geteisterde-gebied, waarin fase twee kombuisware en linne gevra word.

Die Predikante-Forum op Standerton het onlangs ’n beroep op die gemeenskap gedoen om hande te neem om noodware te skenk wat na die geteisterde Knysna- en Plettenbergbaai-gebied geneem is.

’n Verwoestende brand het in die gebied op 7 Junie ontstaan.

Volgens me. Amanda le Roux, wat daarheen gegaan het om te help en traumaberading te bied, was die samewerking van die mense ongelooflik.

Oogdruppels vir 250 brandslaners en -weermanne is saamgeneem wat met die grootste blydskap ontvang is.

Energiestafies, asook Super C-suiglekkers, is met die intrapslag ingeneem en dadelik vir die brandslaners gegee.

Fase twee is nou in werking om nog goedere by Replika Kerk af te gee.

Goedere gevra:

Kombuisware soos potte, panne, messe en vurke ens.

Linne soos lakens, kussings en gordyne.

Laai asseblief die items voor 15 Junie om 2nm af.

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button