Local newsNews

Down-sindroomdogterjie se smaak en spraak is beter na operasie

Leechelle het ’n ligte verkoue, maar dit is nie so erg soos voor die operasie nie.

Sedert die Ridge Times oor Leechelle van Zyl, ’n Down-sindroomdogterjie, berig het, het die donasies ingestroom sodat sy vir ’n mangeloperasie kon gaan, asook om dreineringspypies in haar ore te laat sit.

Leechelle (6) is met vergrootte mangels gebore en dié het  baie probleme veroorsaak.

’n Onderneming het gesê dat hulle ’n groot bedrag sou betaal en ander weldoeners het ook van hulle laat hoor.

Die oor-, neus- en keelspesialis wat haar geopereer het, het ingestem om sy deel van die operasie gratis te doen.

Die nakotiseur en die hospitaal het daarna laat weet dat hulle ook hul deel gratis sal doen.

Leechelle is op Dinsdag, 11 April geopereer en die operasie was suksesvol.

 

Lees die volledige artikel in die Ridge Times.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button