Standertonners versamel en oorhandig noodware in Knysna
Die mense by die noodstasie op Plettenbergbaai was oorbluf dat ’n klein gemeenskap, soos Standerton, vreemdelinge in ’n tyd van nood bystaan.
Die Predikante-Forum op Standerton het onlangs ’n beroep op die gemeenskap gedoen om hande te neem om noodware te skenk wat na die geteisterde Knysna- en Plettenbergbaai-gebied geneem is.
’n Verwoestende brand het in die gebied op 7 Junie ontstaan.
Volgens me. Amanda le Roux, wat daarheen gegaan het om te help en traumaberading te bied, was die samewerking van die mense ongelooflik.
Oogdruppels vir 250 brandslaners en -weermanne is saamgeneem wat met die grootste blydskap ontvang is.
Energiestafies, asook Super C-suiglekkers, is met die intrapslag ingeneem en dadelik vir die brandslaners gegee.
“Dit is belangrik om na die welsyn van die mense te kyk wat die krisisse afweer,” het me. Le Roux gesê.
Volgens haar het die blydskap en deernis waarmee die slagoffers ontvang is, haar die meeste opgeval en aangeraak.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



