MunicipalNews

Secunda AfriForum plaas druk op Govan Mbeki Munisipaliteit

Die probleem is na bewering al verskeie kere by die munisipaliteit aangemeld wat egter versuim het om dit te herstel.

Govan Mbeki Munisipaliteit het op 14 Junie ’n rioollek herstel ná volgehoue druk deur die plaaslike AfriForum-tak.

Dít volg nadat mnr. Hennie Pretorius, voorsitter van die tak, deur die publiek van dié lekkasie in P.D.P. Krugerweg ingelig is.

Die probleem is na bewering al verskeie kere by die munisipaliteit aangemeld wat egter versuim het om dit te herstel.

Mnr. Pretorius het foto’s van die lekkasie geneem, waarna hy dit aan die raad gestuur en geëis het dat die lekkasie binne ’n redelike tydperk herstel moes word.

Hy het die munisipaliteit ook ingelig dat indien daar nie aan sy eis gehoor gegee word nie, hy die munisipale bestuurder sou skakel.

“Munisipale werkers het binne 15 minute opgedaag en die nodige herstelwerk gedoen,” het mnr. Pretorius gesê.

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap van Secunda om soortgelyke probleme by die munisipaliteit aan te meld deur 017 631 0150 te skakel en op ’n verwysingsnommer aan te dring.

Indien daar nie binne ’n redelike tyd opgetree word nie, kan jy die probleem na AfriForum se noodnommer by 084 598 3945 verwys,” het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, bygevoeg.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke.

Sms jou naam na 45350.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

“Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button