Hou jou eie teetyd ten bate van Kansa se Cuppa
Jy kan selfs in teetyd by die werk, ’n Cuppa for Cansa hou.
Kansa Secunda het onlangs hul Cuppa for Cansa-bekendstelling gehou waartydens verskillende idees oor hoe om ’n Cuppa aan te bied, bespreek is.
Daar is ook klem gelê op die belangrikheid van vrywilligers wat kan help om pasiënte te versorg of selfs net by hulle te sit en te gesels.
Kansa wil vanjaar ook daarop fokus om gesonder eetgoed by ’n Cuppa te bedien.

Die doel van ’n Cuppa for Cansa is dat daar geld vir Kansa ingesamel word.
Dit hoef nie altyd ’n groot gebeurtenis te wees nie.
Enige iemand kan tydens teetyd by die werk ook ’n Cuppa aanbied.
Kansa het ook vanjaar mooi bekers wat vir R50 elk verkoop word.
Vir meer inligting, skakel Kansa Secunda by 017 631 2857.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



