AfriForum se buurtwag help om veldbrand agter Paardekraal te blus
AfriForum se buurtwag het gehelp om ’n veldbrand te blus.
AfriForum se Secunda-buurtwag het in samewerking met plaaslike boere gehelp om ’n groot veldbrand te keer en het ook bystand by ’n motorongeluk verleen.
Die veldbrand het in die veld direk agter Paardekraal ontstaan en die buurtwag het gehelp om dit te blus.
Mnr. Nico Venter, voorsitter van AfriForum se Secunda-buurtwag, het gesê dat dié buurtwag op Sondag, 18 Junie net ná 8nm oor die brand ingelig is en het dadelik gereageer.
“Ons het ’n voorbrand gemaak nadat ons besef het dat ons nie die brand onder beheer gaan kry nie,” het mnr. Nico Venter, AfriForum se buurtwagvoorsitter op Secunda, gesê.
Mnr. André Venter, AfriForum-buurtwag se sektorleier, het gesê hulle is tydens die brand van ’n ongeluk op die N17-snelweg na Bethal in kennis gestel en dat lede ook daar hulp verleen het.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



