Nico en Elsabé doen hul deel vir Standerton-gemeenskap
Dan huis toe vir ’n koppie boeretroos wat soms nie eers halfpad gedrink is nie óf iewers breek ’n brand uit óf iets dergeliks gebeur.
Die hele Jordaan-gesin is by die Standerton Reaksie asook die Genade-hoekie betrokke waardeur die gesin sowel as die gemeenskap se lewens positief geraak word.
Mnr. Nico en me. Elsabé Jordaan is reeds ’n geruime tyd met dié hulp besig hoewel albei voltyds werk.
Mnr. Jordaan is die voorsitter van die Standerton Reaksie saam met mnr. Marnus Human en sy vrou die voorsitter van die Genade-hoekie.
’n Normale dag oor naweke bestaan uit vroeg opstaan en mense in nood besoek en die moontlikheid van ’n oproep na ’n ongeluk is nie uitgesluit nie.
Dan huis toe vir ’n koppie boeretroos wat soms nie eers halfpad gedrink is nie want óf iewers breek ’n brand uit óf iets dergeliks gebeur.
Die Standerton Reaksie is dan op hulle pos.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



