Local newsNews

Bethal VLU-tak sorg vir vrugbare Junie

Spreker sê dat elke mens wêreldwyd daagliks die geboorte van Jesus erken deur die jaartal neer te skryf.

ie Bethal-tak van die Vroue Landbou-Unie beplan maandeliks ’n nuwe tema en die tema vir Junie was landbou.

Dit was egter ’n verrassende landbouvergadering met me. Pam Taljaard wat lede vertel het van die saad wat God daagliks in ons lewens saai.

Met ’n verwerking van die bekende lied “Op Blouberg se strand”, het sy genoem hoe God Sy kinders elke dag groet met die son wat Hy oor ons laat opkom.

Daarmee wil Hy die saad wat Hy in ons lewens gesaai het, laat opkom en groei.

Dit is egter dit wat die saad in ons lewens voortbring, wat belangrik is.

Sy het genoem dat elke mens wêreldwyd daagliks die geboorte van Jesus erken deur die jaartal neer te skryf.

Met haar uitsonderlike stem, het me. Taljaard die vergadering afgesluit met nog liedere wat eersdaags op haar nuwe CD gaan verskyn.

Die volgende vergadering vind op 22 Augustus plaas en vroue wat belangstel om dit by te woon of meer uit te vind, kan die voorsitter, me. Ester Booyens, skakel by 083 362 0025.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button