Bees in pad veroorsaak groot skade
Hy waarsku ander padgebruikers om op die uitkyk te wees vir beeste langs dié pad en dank sy Hemelse Vader dat hy slegs lig beseer is.

‘n Hengeluitstappie het verlede Woensdagaand vir mnr, Howard Bothma ‘n traumatiese einde gehad toe hy in die donker in ‘n swart bees vasgery en sy bakkie afgeskryf het.
Mnr. Bothma was tussen Ermelo en Amsterdam onderweg toe die ongeluk gebeur het en was gelukkig om net met geringe beserings uit die wrak van sy bakkie te klim.
Volgens mnr. Bothma was die beeste ongemerk, daar was geen drade langs die pad nie en kon hy nie vasstel aan wie die beeste behoort nie.
Hy was gelukkig om met geringe beserings daarvan af te kom.
Hy waarsku ander padgebruikers om op die uitkyk te wees vir beeste langs dié pad en dank sy Hemelse Vader dat hy slegs lig beseer is.
Hy bedank die boere wat hom op die toneel gehelp het om die bees uit die pad te sleep ten einde verdere ongelukke te voorkom.
Hy bedank in besonder mnre. Marco en Luigi Cirigliano en Marius en Charlene Groenewald vir hulle hulp.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



