Local newsNews

Annemarie van Coller wil vroue motiveer om in die instrumentasieveld in te gaan

“Daar is nie baie vroue wat op ons aanleg met instrumente werk nie.”

Die Society for Automation, Instrumentation, Measurement and Control (SAIMC) Secunda-tak het vanjaar geskiedenis gemaak.

Me. Annemarie van Coller van die Secunda-tak is tydens die Nasionale Algemene Jaarvergadering in Maart as die eerste vroue lid wat as professionele ingenieur by ECSA geregistreer is, tot die raad verkies.

Sy is tans deel van die SAIMC Secunda-tak en deel van haar portefeulje is bemarking en opleiding.

“Sy is baie toegewyd en passievol oor die bevordering van die beheer- en instrumentasieveld onder ons jonger geslag en wil graag meer vroue motiveer om by ons vakgebied aan te sluit.

“Haar verkiesing tot die raad sal die beheer- en instrumentasieveld as geheel bevoordeel,” het mnr. Johan Maritz, voorsitter van Secunda SAIMC -tak, gesê.

Me. Van Coller het gesê: “Dit is vir my regtig ’n eer om deel hievan te wees.

“Dit maak my trots om te weet dat ander vroue nou saam met my daar gaan kan wees, hoewel ek nederig is oor die verkiesing omdat ek weet dat daar soveel merkwaardige vroue is wat reeds deel van die industrie is.

“Daar is selfs al vroue in die SAIMC wat reeds hul stempel afgedruk het.”

Me. Van Coller het op Kemptonpark grootgeword.

Sy het vir haar Bachelors of Engineering-graad aan die Pukke studeer en vir die Masters in Engineering Management-graad aan Tukkies.

“Ek het nog altyd ’n passie vir outomatisering gehad. Op skool het ons bevestiging gekry dat ek ’n aanleg daarvoor het. Ek het my B.Eng-graad begin sonder ’n beurs en toe aansoek vir ’n Sasol-beurs gedoen en dit gekry.

“Die beurs het vir my meestersgraad betaal.

“Ons hou van kamp en ek en my man skryf ook ‘apps’ in ons vrye tyd.

“Ek is mal oor robotte en ‘gadgets’.

“Hoe goed werk het my nog altyd geïnteresseer en hoe dit beheer word deur die elektronika.

“’n Beroep in instrumentasie wat die outomatisering van toerusting bewerkstellig, is vir my ’n passie.”

Me. Van Coller werk tans vir Sasol en is die instrumentasie-areabestuurder by die suurstof-wesaanleg op Secunda.

de: “Ons afdeling onderhou al die instrumentasie op die aanleg sodat die proses binne spesifkasies beheer en vervaardig kan word en ons mense veilig kan werk.

“Daar is nie baie vroue wat op die aanleg met instrumente werk nie.

“As jong vrou was daar nie baie vroue wat vir my ’n goeie voorbeeld kon wees en my kon lei nie.

“Daar is steeds min.

“My hoop is dat dit beter sal word vir die generasies wat volg.”

Me. Van Coller se belangstelling in dié spesifieke beroep is deur instrumentasie en die beheer van sisteme wat daaraan gekoppel is, geprikkel.

Sy hou ook van die logika rondom die beheer van dié sisteme.

“Ek het by die SAIMC betrokke geraak omdat hulle spesifiek fokus op relevante gebiede waarby ek kan baat. Die maandelikse tegnologie-aande wat ons bywoon, leer ons van verskillende tegnologie en die toepassing daarvan.

Die uitdaging om probleme daagliks te kan oplos, hou me. Van Coller gemotiveerd.

Haar raad aan ander vroue is dat hulle net hulself moet wees.

“Moenie dat ander vir jou vertel wat jou ‘limits’ is en waarmee jy as vrou goed sal wees nie.

“As jy aangelê is vir outomatisering, sal jy mal wees oor die beroep, want daar is so baie geleenthede om aan te gryp.”

Haar man, ma, familie en vriende is haar ondersteuningsnetwerk.

“Daar is so baie vroue en mans wat my in die verlede gementor het en steeds doen. Die SAIMC het my die geleentheid gegee om deel te wees van ’n organisasie waarin ek my passie kan uitleef. Elke persoon wat daagliks moeite doen om iemand te help, verdien ’n woord van dank.

“Die tyd wat mens afstaan en die verskil wat ons in mekaar se lewens maak, is wat deel maak van ons almal se sukses en geluk.”

Jy kan by die SAIMC aansluit deur mnr. Martiz te skakel by 082 856 3865.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button