Genade-hoekie op Standerton maak tyd vir dié in nood
Dié organisasie is heeltemal afhanklik van die Standerton-gemeenskap se oop hande.
As daar nood is, beteken nie daar is nie meer trots nie en mense vind dit soms moeilik om te vra om hulp.
Volgens me. Elsabé Jordaan, voorsitter van die Standerton Genade-hoekie, is dit by dié nie-winsgewende organisasie geen uitsondering nie.
Tesame met haar span, me. Ella Grobler, administrateur, en me. Estie Maritz, bemarking, is hul ‘n gedugte span wat vir 10 gesinne op die stadium sorg.
Me. Grobler hanteer alle skenkings en donasies en me. Maritz doen bemarking, veral op Facebook asook insamelingsveldtogte.
Dié organisasie is heeltemal afhanklik van die Standerton-gemeenskap se oop hande.
“Daar is te alle tye ‘n oopboekbeleid by die Genade-hoekie,” het me. Jordaan gesê.
Die verantwoordelikheid teenoor skenkers sowel as die mense wat die goedere ontvang, word deeglik besef.
Alle skenkings word opgeskryf en diegene wat iets ontvang, teken by ontvangs.
Dit gaan nie soseer om boek te hou van hoeveel iemand ontvang nie, maar om aan die skenkers te wys dat die goedere die regte mense bereik.
Skenkings in grootmaat is by die onlangse brande op Knysna, namens die gemeenskap, gegee.
Kinders wat verjaar, word deur ‘n anonieme skenker met ‘n verjaarsdagkoek bederf.
Op die vraag hoekom sy dit doen, het me. Jordaan geantwoord dat sy weet hoe dit voel om niks te hê nie en mense wat swaarkry, word soms vertrap terwyl hulle lê.
Vir enige navrae of skenkings, skakel me. Jordaan by 072 535 1348.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



