Local newsNews

Secunda Hengelklub bied kolgooikompetisie aan

Secunda Hengelklub bied op 8 Julie ’n kolgooi- en hengelkliniek by Laerskool Trichardt in Ruthstraat aan.

Secunda Hengelklub bied op 8 Julie ’n kolgooi- en hengelkliniek by Laerskool Trichardt in Ruthstraat aan.

Toegang is R10 per persoon en die kliniek begin om 8vm vir 8.30vm.

Andries Maree, ’n Protea-hengelaar, gaan verskillende tegnieke demonstreer en sy kennis deel.

Voorligting en demonstrasies van hengeltegnieke, kolgooidemonstrasie en tegnieke, asook individuele opleiding sal deel maak van die dag.

’n Kolgooikompetisie op 80m vir seniors en op 60m vir vroue en juniors sal plaasvind.

Inskrywings is R30 per persoon en mieliebom en gewigte sal voorsien word.

Die wenner sal ’n prys ontvang.

Worsbroodjies en koeldrank sal te koop wees.

Dit is baie belangrik om jou eie visstok en katrol saam te neem.

Vir meer inligting, skakel Belinda by 079 516 8728.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button