Local newsNews

Unique Crochet-groep skenk vir plaaslike liefdadigheid

Me. Ingrid Lombard is vier jaar terug met kanker gediagnoseer en is bekend met die gemoterapie proses. Sy en haar vriendin me. Sanet Mouton het Donderdag, 29 Junie komberse aan kanker pasiëte geskenk.

Me. Ingrid Lombard is vier jaar gelede met kanker gediagnoseer en is bekend met die chemoterapieproses.

Sy en haar vriendin, me. Sanet Mouton, het Donderdag, 29 Junie komberse aan kankerpasiënte geskenk.

“Ek weet hoe dit voel wanneer jy chemo kry.

“Dit is lekker wanneer iemand iets vir jou kom gee.

“Dit gaan nie oor wat hulle vir jou gee nie, maar jy voel jy kry liefde.

“Ek wil ook daardie liefde en omgee aan ander kankerpasiënte gee,” het me. Lombard gesê.

Sy en me. Mouton is deel van die Unique Crochet-groep.

Hulle kom bymekaar en hekel en brei saam.

Wanneer hulle genoeg komberse het, deel hulle dit uit of skenk dit aan ouetehuise of kinderhuise.

Daar is ook al komberse uitgeloot waarna die geld aan ’n liefdadigheidsorganisasie geskenk is.

“Soos die Here dit op my hart lê, skenk ons aan verskillende mense wat dit nodig het,” het me. Lombard gesê.

Me. Hannetjie Swiegers het dié pienk en grys kombers gekies omdat dit mooi by haar kamer sal pas.
Me.Ingrid Lombard en me. Sanet Mouton het komberse wat hulle saam met die Unique Crochet-groep gemaak het, aan kankerpasiënte uitgedeel. Hier is me. Mouton, me. Cornelia Rademan en me. Lombard.
Me.Ingrid Lombard en me. Sanet Mouton het komberse wat hulle saam met die Unique Crochet-groep gemaak het, aan kankerpasiënte uitgedeel. Hier is me. Mouton, me. Cornelia Rademan en me. Lombard.
Me. Ingrid Lombard, mnr. Alfred Selepe en me. Sanet Mouton.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button