Local newsNews

Trekker beland onder trok op R39, Bethal-pad, een sterf

Hy het beweer dat die trekker op die skouer van die pad gestaan het en toe hy sowat 20m daarvan was, het dit in die hoofpad ingedraai.

’n Man is op 11 Julie op die R39, Bethal-pad, dood na ’n ongeluk tussen ’n vragmotor en trekker.

Volgens die vragmotorbestuurder, wat verkies om anoniem te bly, was hy na Standerton op pad.

Hy het beweer dat die trekker op die skouer van die pad gestaan het en toe hy sowat 20m daarvan was, het dit in die hoofpad ingedraai.

Die bestuurder het gesê dat hy nie kon uitswaai nie weens aankomende verkeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button