Local newsNews

As jy vir iets bid, moet jy daarvoor regmaak

“Ek wil net die Here dien, met soveel as moontlik Bethallers saam met my.”

BETHAL – Niemand is al ooit verslaan voordat hy nie opgehou bid het nie.

Dit is die persoonlike leuse van dr. Henk Grobler, leraar van die Afrikaanse Christelike Kerk op Bethal.

Dr. Grobler glo daaraan dat wanneer jy vir iets bid, jy moet regmaak vir dit waarvoor jy gebid het.

Hy het ’n staaltjie vertel van toe hy 11 jaar oud was.

Sy pa, wat toe die leraar by die N.G. Kerk Bethal-Noordgemeente was, het ’n biddag vir reën georganiseer.

Dr. Grobler en sy ma was op pad kerk toe, maar sy het egter omgedraai pastorie toe om iets te gaan haal.

Sy het weer by hom aangesluit met ’n sambreel in die hand.

Hy het vir haar gevra hoekom sy ’n sambreel het, want daar was nie ’n wolk in die lug nie.

Haar antwoord was dat as jy vir iets bid, moet jy reg wees daarvoor.

“My ma was die enigste een wat die diens bygewoon het wat nie dié dag natgereën het nie.”

Dit is tóé dat dr. Grobler besluit het om teologie te studeer.

 

Lees die volledige berig in die Ridge Times.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

Dr. Henk Grobler (leraar van die Afrikaanse Christelike Kerk op Bethal).
Dr. Henk Grobler (leraar van die Afrikaanse Christelike Kerk op Bethal).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button