Aubrey leef vir sy werk en vir die mense om hom
“Wat ons nie vandag oplaai nie is weer môre se probleem.”
Soos die onderhoud met Aubrey Mallinson vorder, is dit duidelik dat dié man nie vir homself is nie maar vir die mense om hom.
Hy kan nie uitgepraat raak oor sy werk by die Lekwa Clean up Crew (LCUC) nie en met elke vraag sirkel die antwoord terug na sy werk.
Hy het as 22-jarige jong man toevallig op Standerton beland na hy van verpligte diensplig in Tshwane, Pretoria na sy ma op Vryheid geryloop het.
Volgens hom het ’n tannie hom opgelaai en gevra waarheen hy op pad was, dit was reeds donker en sy het aangebied dat hy by hulle aan huis oornag.
Aubrey en die oom het na ’n maaltyd aan die gesels geraak en nog voor slaaptyd, het hy op die koop toe ’n werk op Standerton losgeslaan.
“Ek moet net my ma gaan groet en sê ek is veilig,” het hy aan die oom gesê.
Lees die volledige berig in volgende week se Standerton Advertiser.



