Editor's choiceLocal newsNews

Wat is jou regte as huurder?

Dié kontrak reël beide die regte en verpligtinge van die partye en beskerm hulle wedersyds.

 

In die huidige ekonomiese klimaat is die regte van ’n huurder soms onduidelik.

Huurders, wat met die hande in die hare sit oor noodsaaklike herstelwerk, weet nie wat hulle regte behels nie.

’n Huurkontrak word omskryf as die ooreenkoms tussen die huurder en verhuurder aangegaan vir die verhuring van ’n eiendom.

Dié kontrak reël beide die regte en verpligtinge van die partye en beskerm hulle wedersyds.

Die Wet op Huurbehuising nr. 50 van 1999, soos gewysig deur die Wysigingswet op Beheer van Huurbehuising nr. 43 van 2007, reguleer die verhouding tussen die partye, selfs voor die kontrak gesluit is.

Die wet bepaal dat die verhuurder nie teen die voornemende huurder, sy gesin, familie of vriende mag diskrimineer op grond van ras, geslag, swangerskap of huwelikstaat nie.

Die huurkontrak hoef nie op skrif gestel te word om bindend te wees nie.

’n Skriftelike huurkontrak moet die volgende bevat:

• die partye se name en Suid-Afrikaanse adresse.

• ’n beskrywing van die woning wat verhuur word.

• die maandelikse huurbedrag, asook redelike verhogings.

• die deposito betaalbaar, indien van toepassing.

• die tydperk waarvoor die eiendom verhuur word.

• enige ander vergoeding, buiten die maandelikse huurgeld.

• ’n volledige lys van gebreke teenwoordig ten sluiting van die huurkontrak. Die huurder het die reg om die eiendom saam met die verhuurder te inspekteer voor hy intrek en enige defekte of skade aan die eiendom aan te teken.

 

Die huurder het die reg op privaatheid en sy eiendom, woning of persoon mag nie tydens die huurtydperk deursoek word nie.

Indien die verhuurder nalaat om die eiendom by verstryking van die kontrak te inspekteer, kan die huurder aanvaar dat die verhuurder erken dat geen skade aan die eiendom aangerig is nie en die volle deposito, tesame met rente daarop, moet terugbetaal word.

Die verhuurder moet die deposito aanwend om enige skade aan die eiendom te herstel.

Die deposito moet binne sewe dae na verstryking van die huurkontrak aan die huurder terugbetaal word, sou geen herstelwerk nodig wees nie en betalings agterstallig is nie.

Die huur van onroerende sake het in die Romeins-Hollandse reg ontwikkel en die juridiese posisie van die huurder word in die stelreëls “huur gaat voor koop” weerspieel.

Dié stelreël is in die Suid-Afrikaanse reg oorgeneem en dat ’n huurder ’n saaklike reg verwerf is in sowel die provinsiale, as die Appèlhof bevestig.

Wat ’n huurder se gebruiks- en genotsregte ten opsigte van die saak betref, mag hy die saak gebruik vir die doel waarvoor dit aan hom verhuur is.

Die huurder moet redelike sorg aan die dag lê sodat die saak nie deur sy gebruik beskadig word nie.

“Ek laat my streng deur die skriftelike huurkontrak lei,” het mnr. Gerhard Degenaar, die uitvoerende beampte van Henchristo Eiendomme gesê.

Met erkenning aan Nitascha van der Westhuyzen en Sakereg deur CG van der Merwe (1979).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button