Editor's choiceLocal newsNews

Duisende siek hoenders op die hoëveld word van kant gemaak

Die Hoëveldrif DBV het saam met verskeie ander instellings siek hoenders van kant gemaak om die verdere verspreiding van die H5N8 “voëlgriep” virus te bekamp.

HOëVELD – Die Hoëveldrif Dierebeskermingsvereniging (DBV) was onlangs by ’n grootskaalse projek betrokke om die verdere verspreiding van die H5N8 “voëlgriep”-virus te bekamp.

Dié virus, wat geklassifiseer word as hoogsaansteeklik vir enige voëls, is nie gevaarlik vir mense nie en daar is nog geen aangemelde gevalle van die H5N8-virus wat mense siek gemaak het nie, hoewel mense wat op plase werk waar dié virus uitgebreek het, getoets is.

Daar is reeds twee ander plase in Mpumalanga waar dié virus gevind is en Suid-Afrika se pluimveeboere trek swaar onder ’n landwye verbod op die verkoop van lewendige voëls.

Verlede week het ’n plaaslike boer se grootste nagmerrie waar geword toe voëls op sy plaas skielik begin vrek het.

Sekere staatsinstellings is genader en daar is deur middel van toetse wat deur Onderstepoort uitgevoer is, bevestig dat dié voëls almal die H5N8-virus gehad het.

Sodra die teenwoordigheid van die virus op ’n plaas bevestig is, moet die plaas onder kwarentyn geplaas word en die oorblywende voëls so gou moontlik van kant gemaak word.

Dit is waar die werk van die DBV begin.

In samewerking met die relevante staatsdepartement en die staatsveearts, moet die voëls so gou moontlik uitgewis word en die karkasse moet met kalk behandel word en op die plaas begrawe word.

Enige eiers wat deur die geaffekteerde hoenders gelê is, moet ook vernietig word.

Daarna moet die hoenderhokke en hoenderhuise deeglik ontsmet word en daar mag geen pluimvee vir die volgende ses maande daar gehou word nie.

 

Op die ou einde is bykans 6 000 doodgemaak en die virus is nog nie op ander plase in die omgewing aangemeld nie.

Volgens ’n gesondheidsamptenaar op die toneel is die virus hoogsaansteeklik, maar word dit net deur aanraking met ’n siek voël, besoedelde water of tweedehandse kontak met ’n voorwerp of mens wat direk in aanraking met ’n siek voël was, oorgedra.

Hy het verduidelik dat die voorgestelde infeksiebeheer daarom uiters doeltreffend is en daar nie tans enige rede vir paniek is nie.

Pluimveeboere moet egter steeds verhoogde vlakke van biosekuriteit toepas en enige onverwagte en hoër as normale voëlsterftes moet by die staatsveearts aangemeld word.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Lees die volledige berig op die voorblad van die Ridge Times.

 

Also read these articles by clicking on the images:

 

 

’n Span van 40 mense het bykans 6 000 siek voëls van kant gemaak om die H5N8-virus se verspreiding te bekamp.
Twee lede van die span wat verantwoordelik was om die siek voëls van kant te maak, binne een van die geaffekteerde hoenderhuise.
Personeel van die Hoëveldrif DBV was deurlopend betrokke om seker te maak dat die nodige dierewelsynsreëls gevolg word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button