MunicipalNews

Munisipaliteit los kragkabels in Bethal woongebied oop na herstelwerk

Oop kragdrade, asook die ondergrondse kabel, is duidelik sigbaar.

Die plaaslike munisipaliteit het tot dusver versuim om dringend aandag te gee aan oop kragdrade by ’n paal in Van der Hydelaan op Bethal.

Die dorp was vir twee agtereenvolgende dae, 8 en 9 Julie, sonder krag.

Na die krag op Saterdag, 8 Julie heel dag af was vir herstelwerk en opgradering, was daar ’n ontploffing by die betrokke paal toe die krag die aand aangeskakel is.

Dieselfde aand is die probleem deur die raadslid, me. Marietjie Fourie, aangemeld.

Teen 9 Julie het sy dit by die streekbestuurder van die energie-afdeling aangemeld.

Sy het dit ook by die opsiener van die elektrisiëns aangemeld.

Die munisipale werkers het eers op 10 Julie daar opgedaag en die kabel gelas.

Hulle het egter versuim om die ondergrondse kabel weer toe te gooi en hul werk net so gelos.

Die DA-verteenwoordiger op die munisipaliteit se tegniese portfoliokomitee het die probleem ook tydens hul vergadering aangemeld, en ook foto’s gewys.

Me. Fourie het op haar beurt op 12 Julie ’n amptelike epos gestuur aan die burgemeesterskomiteelid belas met tegniese dienste, en ook foto’s in die epos aangeheg.

Teen 13 Julie, met Ridge Times se besoek, is die probleem nog nie opgelos nie en oop kragdrade, asook die ondergrondse kabel, was duidelik sigbaar.

Die munisipaliteit het versuim om kommentaar oor die probleem te gee.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button