Local newsNews

Veterane vergader vir kameraderie by Standerton Buiteklub

’n Ontbyt word sover moontlik op die eerste Saterdag van die maand by dieselfde plek deur onderskeie eenhede landswyd gereël, sodat dit ’n instelling raak waarby almal, sonder uitnodiging, kan inval.

Die veterane van die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging op Standerton het ’n projek genaamd “Kolgans” wat daarop gemik is om kameraderie tussen al die lede en hul families te hernu en te bevorder.

’n Ontbyt word sover moontlik op die eerste Saterdag van die maand by dieselfde plek deur onderskeie eenhede landswyd gereël, sodat dit ’n instelling raak waarby almal, sonder uitnodiging, kan inval.

Die Standerskop-eenheid sal dié maand se ontbyt, teen spesiale afslag, op 5 Augustus om 9vm by die Standerton Buiteklub (Over the Moon Restaurant) aanbied.

Veterane word genooi om aan te sluit by die vereniging en aan aktiwiteite saam met die eenheidslede waarby hulle ingedeel is, deel te neem.

Volgens mnr. Leon Hattingh van die vereniging gaan dit ’n heerlike kuier wees sodat die veterane mekaar se geselskap kan geniet.

Hy het gesê dat die familie welkom is om die geleentheid by te woon.

Mnr. Jan Bezuidenhout, voorsitter, mnr. Leon Hattingh, eenheidsammajoor, en ds. Martin Jordaan, kapelaan, het veterane genooi om die oggend saam te geniet.

“Indien jy weet van iemand wat sou belangstel om deel te word van die vereniging, bring hul saam,” het mnr. Hattingh gesê.

Die ete beloop R30 ’n persoon en R10 ’n koppie koffie of tee.

Skakel mnr. Hattingh voor op of Donderdag, 3 Augustus by 082 928 7892 sodat getalle deurgegee kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button