Local newsNews
AfriForum stig nuwe buurtwag op Bethal
’n Nuwe buurtwag wat onder die vaandel van AfriForum bedryf gaan word, is verlede Dinsdag op Bethal gestig.
Die buurtwag, in samewerking met die plaaslike Gemeenskapspolisiëringskomitee (GPF), sal in vier van die ses sektors op Bethal bedryf word.
Sektors vyf en ses het besluit om nie deel van die nuwe buurtwag te word nie en eerder op hul eie te funksioneer.
Mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se streekkoördineerder vir Mpumalanga-Wes, het verduidelik watter voordele AfriForum bied, nie net vir die buutwagstelsel nie, maar ook vir lede.
Me. Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se tak op Bethal, het op haar beurt gesê dit is belangrik vir alle Bethallers om saam te werk.
Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



