Na ’n gewapende roof op 26 Junie by die Standerton Buiteklub is ’n werknemer, mnr. Vusi Johannes Gule en ’n medepligtige, mnr. Sphiwe Alfred Mabanga, in hegtenis geneem.
Die verdagtes het op 13 Julie in die Standerton Landdroshof verskyn en mnr. Gule is op borgtog van R500 vrygelaat.
Na bewering het die medepligtige ook borgtog ontvang, maar het nie die bedrag betaal nie en is steeds in aanhouding.
Tydens die voorval is die klub binnegegaan en me. Joanne Adendorff en haar dogter, Kyla Cubitt, vasgebind en binne die kluis toegesluit.
Lees die volledige berig in volgende week se Standerton Advertiser.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


