Local newsNews
Is Ermelo ’n mooi plek om in te woon – Ermeloërs sê hul sê
Die Hoëvelder wou die week weet wat maak Ermelo mooi? Is daar nog mooi?

Die natuurskoon in Ermelo en omgewing is vir my baie mooi. sonsondergange in Ermelo bly asemrowend mooi. Ry gerus ’n bietjie uit die dorp uit om die omgewing se natuurskoon te waardeer.

Ermelo was jare gelede ’n mooi plek, dit was mooi skoon en die paaie in ’n baie goeie toestand. Nou is dit vuil met te veel skelms wat rondloop.

Ermelo is ’n mooi plek, maar daar is te veel skelms en die wat so Nyaope gebruik, is baie sleg. dis nie meer lekker hier met al die misdaad nie.

Ermelo se mooi is weg. Die dorp verval by die dag al hoe verder. Selfs familie en vriende wat wat die dorp 10 jaar terug besoek het merk dadelik die agteruitgang.

Dis die mense in Ermelo wat die plek mooi maak. Ermelo het iets van alles maar gelukkig is daar meer goeie mense as snaakses. Almal is altyd vriendelik en groet my met ’n glimlag.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



