Local newsNews

Lede van Secunda AfriForum Buurtwag kry opleiding

“Opleiding is belangrik vir enige veiligheidstruktuur en die buurtwag se hoofdoelwit is om ons gemeenskap te beveilig.”

Die AfriForum-buurtwag het onlangs patrollie-opleiding ontvang.

Dit is een van talle opleidingsessies wat vir die buurtwag beplan is ten einde die veiligheid van hulself, asook die gemeenskap te verseker.

“Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan,” het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se streekkoördineerder vir Mpumalanga-Wes, gesê.

“Opleiding is belangrik vir enige veiligheidstruktuur en die buurtwag se hoofdoelwit is om ons gemeenskap te beveilig.

“Ons is hier om ’n verskil te maak en wil graag saam met ander veiligheidstrukture werk om dít te verwesenlik,” het mnr, Nico Venter, voorsitter van AfriForum se Secunda-buurtwag, gesê.

“Ons moedig die gemeenskap aan om by die plaaslike tak en buurtwag betrokke te raak.”

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button