Local newsNews

Kosmos Kinderhawe is net soos enige ander huis

Die kinderhawe sien om na meer as 80 kinders waarvan 72 op skool is.

Die Kosmos Kinderhawe op Kriel het Vrydag, 14 Julie ’n gemeenskapsprojek by Pick n Pay Family op Secunda geloods.

Dit was die eerste keer dat die kinderhawe en Pick n Pay saam gewerk het en die bestuur van Pick n Pay was dankbaar vir die moeite wat die kinderhawe se vrywilligers gedoen het en die manier waarop die gemeenskap dié projek ondersteun het.

Die kinderhawe sien om na meer as 80 kinders waarvan 72 op skool is.

Me. Lettie Schwarz het verduidelik wat die kinderhawe benodig: “Ons gebruik alles wat ’n gewone huishouding sal gebruik, maar net op ’n baie groter skaal, soos skoonmaakmiddels, toiletpapier, seep, sjampoe, lyfroom, kos.”

Die 72 leerders het ook altyd skryfbehoeftes en ander skoolbenodigdhede nodig.

“Ons deel daagliks potlode, skryfblokke en boeke uit en ons moet ook skooltasse, boekoortreksels en skoolklere vir elke kind hê.”

Dié gemeenskapsprojek vorm deel van ’n nasionale welsynsprojek wat deur Pick n Pay geloods is.

Enige iemand wat dié kinderhawe wil ondersteun, kan hulle skakel by 017 648 3064 of e-pos by kosmos@inafrica.co.za.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button