Editor's choiceLocal newsNews

Eens statige Bethal Stadsaal is deesdae ‘n vuil bouval

Die dakpanele is weg, kragdrade hang rond, stoele op die gallery is stukkend, geskeur of net uitgeruk en weg, plankvloere in die saal is stukkend en word met rubbermatjies bedek, trappies na die verhoog is uitgebreek, die gordyne is weg, die vleuelklavier staan en verniel, terwyl kleedkamers in net so ’n skokkende toestand is.

Die eens pragtige stadsaal op Bethal is deesdae bykans ‘n bouval.

Die organiseerders van die Country-aand het R2 000 betaal vir die saalhuur en dit reeds vier maande voor die geleentheid bespreek.

Vier dae voor die optrede, het die organiseerder weer met die munisipaliteit gekoördineer dat alles reg sal wees en dat daar onder andere genoeg stoele sal wees.

Na wat verneem word, was die professionele kunstenaars uiters geskok toe hulle die eens pragtige stadsaal betree het.

Dit is duidelik dat die stadsaal glad nie skoongemaak word nie omdat ’n leë bierbottel op die gallery gelê het en voëlmis op die lysies en vloer binne die stadsaal lê.

Ridge Times het twee weke gelede die Govan Mbeki Munisipaliteit om kommentaar genader. Teen druktyd is geen kommentaar ontvang nie.

Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Een van die stowe in die stadsaal se kombuis wat menige kok gebruik het om vir spogfunksies te kook.
Me. Marietjie Fourie (DA-raadslid vir Wyk 28 op Bethal) sit op die stukkende trappe wat na die verhoog lei.
Dit is hoe dit onder Bethal Stadsaal se verhoog lyk.
Die plafonne in die stadsaal is stukkend en hou groot gevaar in vir besoekers.
Die eens pragtige gallery se sitplekke is uitgebreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button