MunicipalNews

Govan Mbeki Munisipaliteit skuld Eskom meer as R340-m, terwyl menige inwoners krag oorbrug

Bykans elke tweede huis op eMzinoni oorbrug steeds krag.

Terwyl sommige inwoners na hartelus krag oorbrug, styg die Govan Mbeki Munisipaliteit se Eskomrekening maandeliks.

Uit syfers van ’n raadsvergadering, blyk dit dat 45,4 persent van krag in Mei verlore gegaan het.

Dit blyk ook dat die munisipaliteit in Mei 2017 krag ten bedrae van R45,4-m by Eskom gekoop het.

Rekenings wat egter na verbruikers uitgestuur is, het slegs R24,7-m beloop, wat beteken dat krag ter waarde van bykans R21-m verlore gegaan het, en dit net in een maand.

Hier kan duidelik gesien word hoe krag oorbrug word in eMzinoni.

Hoewel die burgemeester, me. Flora Maboa-Boltman, in haar munisipale rede gesê het dat plaaslike inwoners nie hul verbruikersrekening betaal nie, is dit duidelik dat ten minste die helfte van die krag wat die munisipaliteit aankoop, verlore gaan.

Die uitstaande bedrag wat die munisipaliteit aan Eskom in Mei 2017 geskuld het, het R354-m beloop.

Ander krediteure aan wie hulle teen einde Mei geld geskuld het, is Randwater R47,4-m, lisensiekantore (provinsiaal) R114,3-m, die inkomstediens R5-m en die munisipale pensioenfonds R2,6-m.

Ridge Times het op 13 Julie deur eMzinoni gery en in die informele behuisingsgebied was kragdrade duidelik sigbaar in die strate.

Dié kragdrade word by kragpale oorbrug en herlei na die informele gebied.

Kinders speel in die strate en dit is lewensgevaarlik vir drade om oor die pad onwettig aangelê te word na die gebied.

Dar is by elke tweede huis in die formele gebied naby die informele gebied, duidelik kragdrade sigbaar waar die krag oorbrug word.

Die munisipaliteit is twee weke gelede om kommentaar genader, maar het nie teen druktyd reageer nie.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button