Tafelronde vra vir komberse, blikkieskos en klere donasies
Die organisasie samel die donasies in tot einde Julie en die verspreiding daarvan sal in Augustus plaasvind.
Die Bethal Tafelronde 104 is tans besig met hul jaarlikse “Winter Knights”-projek waar hulle donasies vra vir komberse, blikkieskos en klere.
Dié items word op Bethal versprei.
Die Bethal Sopkombuis het verlede jaar baat gevind by die projek.
Die organisasie samel die donasies in tot einde Julie en die verspreiding daarvan sal in Augustus plaasvind.
Die donasies kan daagliks by Buddys op Bethal afgelewer word.
Volgens mnr. Jeandré Venter, voorsitter, werk hulle vir Bethal en sy mense.
“Die plaaslike ouetehuise en die sopkombuis is hoog op ons lys, maar ons ondersteun ook die Kosmos Kinderhuis op Kriel.”
Hul volgende projek begin in September wanneer hulle voor Bethal Spar kaartjies uitdeel met ’n R5 opgeplak en mense moet daarmee enige blikkieskos koop en dan aan hulle oorhandig.
“Ons vra Bethal se mense om ons te ondersteun, want alles wat ons doen is vir Bethal se minderbevoorregtes.”
Skakel mnr. Venter by 072 978 525.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



