Local newsNews

Michelle skenk haar verjaarsdag geskenke aan Kosmos Kriel Kinderhuis

“Ek wil graag terug gee aan kinders wat nie so bevoorreg soos ek was om daardie liefde en erkenning te kon kry nie. “Jy wil daardie kinders laat besef hulle is nie weggegooi nie, maar hulle word lief gehê,” het me. Fick gesê.

Me. Michelle Fick het op Secunda grootgeword en vanjaar besluit om iets heeltemal anders met haar verjaardag te doen.

Omdat dit die jaar van die groot 40 is, het haar beste vriendin beplan dat hulle op ’n bootreis gaan en haar vriend het gesê dat hulle partytjie gaan hou totdat die son opkom.

Me. Fick het begin stil word en gedink oor wat sy graag vir haar 40ste verjaardag wil hê.

Me. Fick en haar vriendin het navorsing gedoen en gesien dat die nood by die Kosmos Kriel Kinderhuis baie groot is.

Hulle het die kinderhuis genader en gesê hulle wil help en iets verander wat ’n blywende en groot verskil sal maak.

Daar is toe besluit om onderhoud te doen in en rondom die kinderhuis omdat dit iets is wat altyd agter bly.

“Ek het net R3 000 gehad en het eers net die idee gehad dat in plaas daarvan dat almal wat na my partytjie toe kom vir my ’n geskenk bring, bring hulle iets vir die kinderhuis.

“Ons het ’n webblad geskep waar mense kan merk wat hulle wil skenk en dit na almal uitgestuur.

“Na die eerste week het daar nog niks gebeur nie en ek het gewonder wat ek met net R3 000 kan maak.

“Ek was egter verniet bekommerd, want in die tweede week het alles ‘ontplof’.

“Skenkings het begin instroom.”

Daar is tans 84 kinders van verskillende rasse in die kinderhuis waarvan slegs 60 deur die staat gesubsidieer word.

Die mure het verf nodig gehad, sandputte het nie sand gehad nie, swaaie was al moeg geswaai en die wipplanke het bande aan die onderkant nodig gehad om op te wip.

Kinders moes op die grond sit omdat daar nie bankies was nie.

“Kriel Gholfklub het gehelp met sand vir die sandputte en voor ons nog vir die seuns kon vra om te help, is die sand reeds geskuif tot in die sandput.

“Build-it het gehelp met verf, Kalahari Slaghuis met bankies en Prima Skryfbehoeftes het elke kind van skryfbehoeftes voorsien.

“Food Lovers Market en Mini Pick n Pay het vir ons koeldrank, kos en lekkers gegee.

“Ons het binne ’n dag 90 kussings gekry, speelgoed, nuwe nagklere, onderklere en kouse, die lys hou nie op nie.

“Die mense van Secunda het werklik hul harte oopgemaak.”

Omdat die kinders al soveel keer verwerping ondervind het, is die doel van die projek om dit ’n volhoubare projek te maak en gereeld opknapwerk te gaan doen en die kinders te bederf.

Me. Fick se verjaardag is op Saterdag, 22 Julie by die kinderhuis gevier waar die kinders in verskillende ouderdomme gedeel en besig gehou is terwyl daar verbeteringe aan die geboue en speelterrein gedoen is.

Die ouer seuns het die mans met die onderhoud van die geboue gehelp.

Daar was meer as genoeg koek, lekkers, geskenkies, speelgoed en genot.

Dit was Fick se ideaal dat elke kind op dié dag iets sou ontvang, en elkeen het.

 

Jy kan steeds die projek ondersteun deur die webtuiste te besoek by https://sites.geekem.co.za/krielkinderhuis/index.html

of stuur ’n epos aan me. by mfick@networkrecruitment.co.za.

 

Lees die volledige artikel in die Ridge Times.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button