Die Standerton AfriForum-buurtwag het veiligheidstoerusting op 26 Julie ontvang.
Dit volg nadat die plaaslike tak dié behoefte geïdentifiseer het weens ’n toename in misdaadaktiwiteite in die omgewing.
Die toerusting sluit koeëlvaste baadjies en kommunikasietoerusting in.
“Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan,” het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, gesê.
Volgens mnr. Gerhard Moll, voorsitter van die buurtwag, is veiligheidstoerusting van onskatbare waarde vir enige veiligheidstruktuur.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.


