Local newsNews

Masibambisani sê baie dankie

Volgens me. Ngwenya het hulle besluit om mnr. Grey se dag op te helder deur dankie te sê.

Die Masibambisane Day Care Centre op Davel het Mandeladag met dankbaarheid gevier.

Die skool wat deurgaans deur mnr. Jan Grey van Jan Vos Landgoed ondersteun word, het vir die tweede keer besluit om hul 67 minute daaraan te wy om hul dankbaarheid teenoor hul weldoener te toon.

Vroegoggend het die span bestaande uit die skoolhoof, me. Rebecca Ngwenya, die voorsitter mnr. N. Mkhonza en 23 personeellede by die plaas aangeklop.

Geklee in oorpakke met emmers in die hande het hulle aan die werk gespring en al die store op die plaas se vensters gewas.

Volgens me. Ngwenya het hulle besluit om mnr. Grey se dag op te helder deur dankie te sê vir die weeklikse melkskenking wat hulle van hom ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button