AfriForum help ouetehuis tydens waterkrisis
Afriforum Secunda het byna 400liter water aan dieinwoners van Davieshof geskenk.

Die plaaslike AfriForum-tak het Donderdag, 20 Julie nagenoeg 400 liter water aan die Davieshof-ouetehuis op dié dorp verskaf.
Die ouetehuis was na bewering al ’n geruime tyd sonder water weens ’n probleem met die infrastruktuur.
Nadat die tak danksy WhatsApp-groepe van die probleem ingelig is, is water aangekoop om die ouetehuis se waterkrisis te verlig.
“Ons wil graag die Pick n Pay in Pieter Wenningstraat bedank vir die water wat ook deur hulle geskenk is,” het mnr. Nico Venter, voorsitter van die AfriForum-tak op Secunda, gesê.
Hy het voorts gesê dat die plaaslike AfriForum-tak nog besig is om ondersoek in te stel na die oorsaak van die wateronderbreking.
“Ons sal druk op die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit toepas om die probleem en ander soortgelyke probleme op te los.”
Hy het egter gesê dat hulle tot op hede nog geen antwoord van die munisipaliteit ontvang het nie.
“Ons wil die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak en enige krisissituasie by ons plaaslike noodlyn aan te meld.
“Dit is 079 488 7608.”
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



