Go Purple op Trichardt help met genesing na verkragting en geweld
Die Go Purple-veldtog is die stemme en gesigte wat hoop, genesing, oorwinning en verandering na verkragting en geweld bring.
Go Purple is ’n bewusmakingveldtog vir genesing na verkragting en is nou ook op Trichardt, Secunda, Evander en die res van die munisipale gebied.
Me. Amanda Haywood het Woensdag, 26 Julie in Secunda Mall voor Oregon Spur mense meer van Go Purple vertel.
Dit was ook ’n geldinsamelingsveldtog waarmee Oregon Spur Secunda me. Haywood en Go Purple gehelp het.
Die Go Purple-veldtog is die stemme en gesigte wat hoop, genesing, oorwinning en verandering na verkragting en geweld bring.
Hulle fokus daarop om nie net vroue en kinders te help nie, maar mans wat ook deur geweld en verkragting geraak word.
Daar is genesing en oorwinnig na geweld en Go Purple wil mense help om dit te bereik.
As jy betrokke wil raak, hulp nodig het of meer wil weet, skakel me. Haywood by 082 446 0013.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



