Minna lei weer Bethal DBV se komitee
Die DBV is tans besig om geld in te samel vir infrarooi ligte in die hokke wat die winterkoue vir die diere sal verdryf.
Me. Minna Duminy is onlangs herkies as voorsitter van die Bethal DBV tydens die algemene jaarvergadering.
Me. Barbara Mitton is herkies as ondervoorsitter.
Die res van die bestuur bestaan uit mnr. Andre du Plessis (tesourier), me. Rika Hills (sekretaris), me. Marie van der Merwe, me. Rochelle le Roux, me. Ria Pieterse, me. Edith Slabber, me. Belinda Bam, me. Wilma Wolmarans en mnr. Johan Duminy.
Me. Duminy het tydens die vergadering gesê dat die DBV tans besig is om geld in te samel vir infrarooiligte in die hokke.
“Dit is baie koud in die winter en ons probeer om dit vir ons diere warmer te maak.”
Die DBV se jaarlikse groot projek is die gholfdag wat op 4 November by Bethal Gholfklub gehou word.
Ander noodsaaklikhede is die oprigting van ’n afdak en stoorkamer, asook ’n behoorlike kennisgewingbord by die hokke.
Die DBV het ook behoorlike kantoormeubels nodig.
Mense en ondernemings wat by die DBV wil betrokke raak, kan me. Laurna Coetzer skakel by 017 647 5360.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



