Local newsNews
85 swartsakke vullis in Nelson Mandela- en Joe Slovorylane opgeruim deur AfriForum
Die AfriForum-tak in Secunda het Saterdag, 29 Julie ’n skoonmaakaksie in dié dorp gehou waartydens 85 swartsakke se vullis in Nelson Mandela- en Joe Slovorylane opgeruim is.
Die plaaslike AfriForum-tak het Saterdag, 29 Julie ’n skoonmaakaksie op die dorp gehou waartydens 85 swartsakke se vullis in Nelson Mandela- en Joe Slovorylaan opgeruim is.
“Die netheid van ’n dorp is belangrik en AfriForum sal voortgaan om probleme met selfdoenaksies te takel,” het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se streekkoördineerder vir Mpumalanga-Wes, gesê.
Mnr. Nico Venter, voorsitter van AfriForum Secunda-tak, het gesê: “Die tak doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak en tot ’n skoner omgewing by te dra.”
Dié tak se noodnommer is 079 488 7608.
Sluit by AfriForum se Secunda-tak aan.
Sms “Vullis” na 45350.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



