Local newsNews

Nettie Herselman skielik dood na buikoperasie

Me. Nettie Herselman (48) is Vrydagoggend, twee dae nadat sy in die Ermelo Hospitaal geopereer is, dood.

Me. Nettie Herselman (48) is Vrydagoggend, twee dae nadat sy in die Ermelo Hospitaal geopereer is, dood.

Sy het Crohn se siekte gehad en tydens die operasie verlede Woensdag, is meer as ’n meter van haar dunderm uitgesny.

Sy is die ma van Esmari Herselman, wat vroeër vanjaar ’n nieroorplanting ondergaan het.

Volgens me. Herselman se ma, me. Rita du Plooy, het sy Vrydagoggend omstreeks 6vm met haar dogter gepraat.

Toe sy weer net na 9vm geskakel het, het die suster vir haar gesê dat haar dogter dood is.

Esmari het Sondag vertel dat haar ma baie kosbaar was en hoe min tyd hulle eintlik met haar gehad het omdat sy so siek was.

“My ma is die rede dat ek ’n nuwe nier gekry het, want ek wou voor die hospitaal omdraai, maar sy het daarop aangedring dat ek geopereer moes word.

“Sy het vir 22 dae langs my bed gewaak.”

Volgens haar het haar ma altyd ’n manier gehad om ’n mens beter te laat voel.

“Toe my nier op 18 Julie drie maande oud was, was my ma skoon laf.”

Me. Herselman laat haar ouers, mnr. Simon en me. Rita du Plooy, asook haar man, mnr. Werner Herselman, en twee kinders, Esmari en Ruhan agter.

Die roudiens het Dinsdag plaasgevind vanuit die AN Kerk Vorentoe op Bethal onder leiding van dr. Henk Grobler.

Me. Nettie Herselman wat Vrydagoggend twee dae na ’n operasie in die Ermelo Hospitaal, dood is, saam met haar gesin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button