AfriForum verf spoedhobbels op Secunda
Dít volg nadat die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit versuim het om die nodige instandhouding te doen.
Die plaaslike AfriForum-tak het in samewerking met Sibathathu Construction BK, op 3 Augustus verskeie spoedhobbels op die dorp geverf.
Dit volg nadat die Govan Mbeki Munisipaliteit versuim het om die nodige instandhouding te doen.
Volgens mnr. Nico Venter, voorsitter van die AfriForum-tak op Secunda, is twee spoedhobbels in Generaal De Wetstraat, asook een in Tugelastraat geverf.
“Padveiligheid is ’n prioriteit vir AfriForum.
“Onsigbare spoedhobbels hou ’n veiligheidsrisiko vir alle motoriste in.”
Mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se streekkoördineerder vir Mpumalanga-Wes, het gesê: “Die tak beplan om nog talle soortgelyke selfdoenaksies in dié dorp aan te pak en doen ’n beroep op die plaaslike gemeenskap om betrokke te raak sodat selfs nóg meer vermag kan word.”
Raak betrokke, sms “Verf” na 45350.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



