Die Standerton AfriForum-buurtwag het op 15 Augustus patrollie-opleiding ontvang.
Tydens hierdie sessie is buurtwaglede oor die regte prosedure aangaande radiogebruik opgelei.
“Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en is ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan,” het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, gesê.
Volgens mnr. Gerhard Moll, voorsitter van die buurtwag is opleiding belangrik vir alle veiligheidstrukture en die buurtwag is hier om ’n verskil te maak en verwelkom samewerking met alle veiligheidstrukture wat dieselfde doel nastreef.
“Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak by die plaaslike tak asook die buurtwag, hoe meer mense, hoe groter die verskil wat ons op Standerton kan maak,” het mnr. Jaco Taljaard, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak, gesê.
As iemand betrokke wil raak by die plaaslike AfriForum-tak sms “Buurtwag” na 45350 (R1).


