Local newsNews

Trichardt SAPD se veilige bewaring muur herstel

Mnr. Hennie Alberts en sy werkers het ’n gedeelte van die muur by Trichardt polisiestasie se veilige bewaring vir gesteelde goedere herbou.

Mnr. Clark van der Walt, voorsitter van Trichardt Gemeenskapspolisiëringsforum het namens die Trichardt Polisiestasie en die gemeenskap, BEES Building Contractors bedank.

Mnr. Hennie Alberts en sy werkers het ’n gedeelte van die muur by die polisiestasie se veilige bewaring vir gesteelde goedere, oorgebou.

“Dit is goed om te sien dat daar nog mense is wat bereid is om die polisie by te staan en te help in tye van nood.

“Ons kan weer as ’n gemeenkap saam staan en Trichardt ’n veilige dorp maak,” het mnr. van der Walt gesê.

Konst. Nompumelelo Mabanga het ook mnr. Alberts namens die polisiestasie bedank.

Mnr. Hennie Alberts van BEES Building Contractors het ’n gedeelte van die muur by Trichardt Polisiestasie se veilige bewaring gratis oorgebou. By hom is konst. Nompumelelo Mabanga en mnr. Clark van der Walt.
Konst. Nompumelelo Mabanga en mnr. Clark van der Walt by die muur by Trichardt Polisiestasie wat deur BEES Building Contractors oorgebou is.
Mnr. Hennie Alberts van BEES Building Contractors het ’n gedeelte van die muur by Trichardt Polisiestasie se veilige bewaring gratis oorgebou. By hom is konst. Nompumelelo Mabanga en mnr. Clark van der Walt.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button