Local newsNews

Oom Sarel Botes verruil Standerton vir die Goudstad

“Ek het meestal gelykpad geloop.”

Standerton se bekende voormalige drawwer, nou stapper, verhuis binnekort na Johannesburg.

Oom Sarel Botes vier een van die dae sy 89ste verjaardag en sal dit sekerlik met die familie deurbring.

Hy het in 1952 sy intrek op die dorp geneem waar hy juis vir wyle tannie Elsie, sy vrou, ontmoet het.

Dié kundige het sy stempel deeglik op organisasies afgedruk en is ’n lewenslange lid van die Instituut vir Geoktrooieerde Sekretarisse.

In sy loopbaan het hy as maatskappysekretaris vir die Oska Engineering Groep en die De Beer Broers Groep van Maatskappye gewerk totdat hy in 1981 by Van der Merwe Ouditeurs aangesluit het tot en met sy aftrede in 2010.

By die destydse Sakekamer was hy vir 23 jaar ’n bekende bestuursgesig en het ook ’n merietetoekenning ontvang.

Oom Sarel is deur die Afrikaanse Handelsinstituut met ’n erkentlikheidstoekenning vereer en sy trouediensmedalje van die S.A. Weermag getuig van 19 jaar se lidmaatskap.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button