Local newsNews

Nuwe bestuurder van Bethal-ouetehuis glo in spanwerk

“Om ons inwoners en personeel gelukkig te maak, moet ons soos ’n span funksioneer sodat ons ’n groot familie kan wees.”

Me. Daphne de Klerk is aangestel as Residentia Palmoord se nuwe bestuurder.

Sy is aangestel nadat die vorige bestuurder, mnr. Braam Bouwer, afgetree het.

Me. De Klerk, wat in eMalahleni grootgeword en ook daar skoolgegaan het, het ook ’n paar jaar op Standerton gewoon voordat sy en haar gesin hulle op Bethal gevestig het.

Hulle woon reeds 10 jaar op die dorp.

Me. De Klerk werk reeds die afgelope agt jaar by die oord en het die finansies beheer.

“Ek het ’n passie vir ons bejaardes en wil graag ’n verskil in hul lewens maak.”

Volgens haar is dit belangrik om die bejaardes so gemaklik as moontlik te maak sodat Residentia Palmoord vir hulle soos ’n huis is.

“Hier by ons streef ons na persoonsgerigte versorging en dit is waarom hulle so belangrik vir ons is.”

Me. De Klerk se droom is om Residentia Palmoord die middelpunt van Bethal te maak.

“Om ons inwoners en personeel gelukkig te maak, moet ons soos ’n span funksioneer sodat ons ’n groot familie kan wees.”

Sy het gesê dat die een se leed die ander se leed is, en die een se blydskap is almal se blydskap.

Me. De Klerk is getroud met Braam en die egpaar het vier kinders.

Die oudste twee is al getroud en woon in Pretoria, terwyl die jongste twee onderskeidelik in gr. 12 en gr. 11 is.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button